‘n Splinternuwe ontbytprogram – ‘n eerste vir RSG – skop op 4 April af.

Beste [FNAME]

‘n Splinternuwe ontbytprogram – ‘n eerste vir RSG – skop op 4 April af.

Dié program, Op en Wakker, weeksoggende van 7 uur tot 9 uur, gaan spog met aanbieders soos Gustav Greyling, Robbie Kruse, Sue Pyler-Slabbert, Blaine Jones en regisseur André Kunz.

Ons is opgewonde oor die veranderinge, wat in pas is met radiotendense en verbruikerspatrone in ‘n veranderende era.
 

Lees hier meer oor ons nuwe ontbytprogram en al ons ander opwindende veranderinge.

Beste laatsomer-groete

Louise en die RSG-span

Ons maak opwindende nuwe planne vir RSG bekend. Lees meer.

Geluk aan die wenners!

RSG/Nati Kwartkomedie-wenners
Die Bloemfonteinse aktrise, skrywer en regisseur Ilné Fourie het die eerste prys gewen in RSG en NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief) se Kwartkomedie-skryfkompetisie met haar lekkerlag-radiodrama, Hendrik se histerektomie. Fourie wen R20000 met haar stuk wat in die spreekkamer van ‘n veeartspraktyk afspeel met ‘n nuwe ontvangsdame wat nie kop of stert kan uitmaak van alles wat rondom haar gebeur nie. Lees meer.

Moenie dié program misloop nie!

Dokumentêr
Luister op 24 Februarie na die dokumentêr In Domine Patre (In die naam van die Vader) oor die lewe van Rooms-Katolieke nonne. Dis ‘n uiters moeilike loopbaan en nie vir elkeen bedoel nie. In die dokumentêre program deur Fritz Klaaste vertel Susters Barbara Standing, Aloysia Arends, Kgomotso Moloto, Carmel Honeywill, Katy van Wyk en Ann Genevieve Lee oor verskeie aspekte van hul roeping. Lees meer.

Luister weer

Wil jy weer na een van dié programme luister? Klik net op die skakels.

Wie is ek?
Isolasie en die soeke na intimiteit is van die kenmerke wat seks- en ander pornografieverslawings aanwakker – kenmerke wat deur die pandemie vererger is. Is daar hulp? Lees meer.

Gesondheid
Kan ’n knopiespinnekop jou doodbyt? Hoe gevaarlik is ’n selonsroos, siringa-bessies, varkore en ander plante werklik? Wat van te veel parasetamol, ysterpille of teen-allergiepille?  Hoe gemaak met slangteengif? Lees meer.

My mooi dorp
Spekbome, malvas, kraanvoëlblomme en syselbosse is enkele van die inheemse plante van die Oos-Kaapse Ruigteveld wat plantkundige Dr Ernst van Jaarsveld aan ons bekend stel om mooi tuine in dié gebied te vestig. Lees meer.

Dagga
Wat is die stand van die daggabedryf in Suid-Afrika vir die vervaardiging van gesondheids- en tekstielprodukte? Gabriel Theron vertel meer ná die aankonding in die staatsrede dat groot uitbreiding in die bedryf oppad is. Lees meer.

Landbou
‘n Kenner voorspel die seisoenale weerpatrone vir die eerste kwartaal. Lees meer.

Sterre en Planete
‘n Reuse sterrestelsel, die grootste ooit, is onlangs gevind. Dit staan bekend as Alcyoneus en is ongeveer 153 keer langer as die Melkweg. Lees meer.

Kompas: ‘n Tydsbeplanner vir Graad 12's
‘n Tydsbeplanner kan ‘n Graad 12-leerder help om sy/haar tyd baie doeltreffender te bestuur. ‘n Opvoedkundige spesialis het ‘n tydsbeplanner vir die matrieks van 2022 opgestel het, vertel meer. Lees meer.

Dokumentêr
Die destydse Nico Malan – vandag bekend as Kunstekaap – het verlede jaar sy 50ste bestaansjaar gevier. Martelize Brink gesels met verskeie rolspelers wat oor die halfeeu betrokke was by Kunstekaap. Lees meer.

Kitsskakels

RSG programme en skedules

ARTIKELS Lees die artikels met potgooi skakels
KIEKIES Laai self foto's op Ooggetuie
POTGOOIE Baie programme is op potgooi beskikbaar
PROGRAMSKEDULE As jy jou week wil beplan, kyk na dié skedule
RESEPTE Geen rede om te komkommer oor enige ete nie

Kopiereg © 2022 The Good Doctors (Pty) Ltd, Alle regte voorbehou.
Klik op die volgende skakels om jou besonderhede te verander of jou intekening te kanselleer